Winning is not important, it is how you play the game!
Ample opportunity to as many learners as possible is what we aim for.
Ample opportunity to as many learners as possible is what we aim for.
Ons poog om aan elke leerder wat wil rugby speel die geleentheid te bied om te ontwikkel tydens oefeninge en wedstryde. Met 8 spanne in die plaaslike liga, is Outeniqua ‘n rugbykrag om mee rekening te hou.
Puik velde, uitrusting en gekwalifiseerde afrigters en skeidsregters verseker dat Outeniqua jaarliks ‘n groot hoeveelheid SWD en Provinsiale spelers oplewer. Die rugbyseisoen begin jaarliks met die toer na Marlow, en word afgesluit met ‘n groot Rugbydag waaraan 10 skole van SWD, Boland, WP en OP deelneem. Spelers kry ook die geleentheid om toergroepe te ontvang en self te toer na byvoorbeeld Panorama ( in Kaapstad) en Swartland (in Malmesbury).


Netbal is ons passie!
Met 4 spanne in alle ouderdomsgroepe, gegradueerde, entoesiastiese en ervare skeidsregters, is die geleenthede daar vir ons speelsters om hulself uit te leef op die netbalbaan. Gemotiveerde dogters verseker puik resultate en dit bring mee dat daar jaarliks ‘n groot aantal 0/12- en 0/13- dogters in die SWD en selfs Wes-Kaap spanne opgeneem word. Ons netbalspanne onderneem ook gereeld toere en heelwat toerspanne besoek ons jaarliks.
Outeniqua Laerskool spog met net die beste krieketfasiliteite moontlik, nl 3 krieketvelde, 2 turfblaaie, 1 sintetiese blad, 4 puik oefen nette en slegs die beste uitrusting. Verder verseker top afrigters dat elke speler tot sy volle potensiaal ontwikkel. Ons beskik oor 6 kompeterende spanne wat in die liga meeding. Jaarlikse toere en wedstryde teen besoekende skole van buite George word aangebied. Ons A- en B-spanne, o. 11 en o. 13, neem deel aan verskeie topgehalte toernooie.


Laerskool Outeniqua se hokkie is van ’n baie hoë standaard en bied aan leerders uitstekende geleenthede om hul talent te ontwikkel. Die meerderheid van ons spelers word jaarliks vir Eden hokkiespanne gekies, wat getuig van die gehalte van ons program. Deur hokkie bou die leerders nie net sterk vriendskapsbande nie , maar ontwikkel ook selfvertroue en spanwerk. Ons speel gereeld teen verskeie toerspanne en neem self deel aan toere, wat help om vaardighede verder te slyp en blootstelling te verbreed. By Laerskool Outeniqua lê ons ook doelbewus ’n sterk grondslag vir hokkie op hoërskool- en senior vlak, sodat spelers met selfvertroue en vaardigheid hul sportloopbane verder kan ontwikkel.
Outeniqua has a multisurface that accommodates four tennis courts and is in use throughout the year. Our first team consists of 4 boys and 4 girls. Two highlights of the year are the Cradock Tennis Tournament and the Prestige Gerrie Berner Tournament in Paarl. Each year a school championship is held in which all tennis players take part, from beginners to our first team. Practice continues during winter, especially for those players who do not participate in a winter sport.
Outeniqua het ‘n veeldoelige oppervlakbaan wat vier tennisbane akkommodeer en dwarsdeur die jaar gebruik word. Ons eerste span bestaan uit 4 seuns en 4 dogters. Twee hoogtepunte van die jaar is die Cradock Tennistoernooi en die Prestige Gerrie Berner Toernooi in Paarl. Elke jaar word ‘n skoolkampioenskap gehou waaraan alle tennisspelers deelneem, van beginners tot ons eerste span. Oefeninge gaan voort in die winter, veral vir dié spelers wat nie aan ‘n wintersport deelneem nie.


Athletics at our school is fast‑paced, high‑energy, and for every learner. In the build‑up to Inter‑House, all learners take part in daily coaching across sprints, hurdles, distance running, long jump, high jump and shot put.
Our programme develops confidence, technique and a love for competition — and it shows. Each year, athletes progress to Eden, Western Cape, and even national level, bringing home medals and making us proud.
Athletics here isn’t just a sport. It’s a culture of excellence, teamwork and pushing your limits.
Swimming is a life skill and at Outeniqua Primary we put a lot of emphasis on improving this important skill. We are fortunate to have our own swimming pool and therefore we can cater for the needs of all our learners: from our top swimmers, through the developing team and lastly but not the least, the Gr 4 beginners. We believe that competition is good for everyone and therefore we host or compete at the following galas: Colours Gala, 2 Relay Galas, Garden Route Gala and our own Prestige Gala.


Laerskool Outeniqua bied aan sy gholfspelers die geleentheid om aan die plaaslike streeks-liga deel te neem. Ons spelers kry sodoende blootstelling aan mededingende spel en kan hul vaardighede in ’n gestruktureerde omgewing ontwikkel.
Ontwikkelende spelers vorm deel van die Target 36-struktuur, wat addisionele geleenthede skep vir groei en deelname op hul eie vlak.
Hoewel gholf nie direk deur die skool afgerig word nie, monitor ons steeds ons spelers se vordering en betrokkenheid noukeurig. Op grond hiervan word spanne saamgestel en vir die liga ingeskryf.
A group of learners take part in squash practise twice a week. We practise at Outeniqua High School’s squash courts. The players receive coaching from Celeste Swanepoel, an experienced squash player and coach. Teams get the opportunity to play agaist other schools that offer squash as a school sport. Players can also take part in regional, provincial and national tournaments.


Tweekamp bestaan uit hardloop en dan swem. Ouderdomsgroepe strek van 0/9 tot 50+, so pa, ma , boetie, sussie, oupa en ouma kan ook saam hardloop en swem, dus is tweekamp waarlik ‘n sport vir die hele gesin. Laerskool Outeniqua is deel van die SWD liga en bied ‘n gulde geleentheid vir atlete wat dalk net uitgemis het op SWD klere in langafstande of swem, om nogsteeds SWD klere te verdien en SWD by die Inter provinsiale byeenkomste en selfs SA Kampioenskappe te verteenwoordig. Die meeste byeenkomste is in Oudtshoorn op Dinsdae aande. Die skool verskaf vervoer na alle SWD liga byeenkomste. Ons moedig enige leerder aan om tweekamp te kom probeer.
Outeniqua Primary School’s chess club is enthusiastically supported by players and parents alike.We have an active group of approximately four dozen players of varying ability. The club caters for all levels – from beginner to advanced. Players regularly participate in tournaments and achieve noteworthy successes. Outeniqua is usually represented at all levels of competition, with players chosen for the Eden squad. The best news is that membership is free of charge and all are welcome. It’s your move!

