Laerskool Outeniqua is ‘n skool met ‘n ryke en trotse verlede. Tot 1921 was die primêre skool ingesluit by twee hoërskole, die Meisie- en Jongenskool. Met die amalgamasie van die hoërskole het die Laer Meisieskool as aparte skool voortgegaan.
In 1923 het die Hoërskool Outeniqua ontstaan en toe die nuwe perseel betrek is, het die George Jongenskool ook as ‘n aparte skool begin funksioneer. Dit word later die Laerskool Manie le Roux wat in 1971 met die George Meisieskool amalgameer.
Hierdie nuwe skool is in 1974 herdoop tot die Laerskool Outeniqua.