Alle leerareas word in Engels medium sowel as Afrikaans medium aangebied.
Alle leerareas word in Engels medium sowel as Afrikaans medium aangebied.
Educational assessment is critical for both teachers and students.
Toeken vir gewigte vir bevordering
Jaarpunt word verwerk na 75% en die eindeksamen 25%
Toeken vir gewigte vir bevordering
Jaarpunt word verwerk na 40% en die eindeksamen 60%
School-Based Assessment (SBA) is a compulsory component of the promotion mark and must be 75%, and the final examination component 25% of the promotion mark.
Tests and exams will cover a large part of the content. Continuous assessment will take place in term 1 and 3 and in terms 2 and 4 there will be formal exams.
We are in the fortunate position that we have a full time remedial teacher, mrs W du Pisanie, appointed by the SGB to assist those learners with learning problems. We also have a part time WCED remedial teacher, me A Marais, as well as a SGB appointed Play Therapist, mrs L Fourie, to support our children with educational needs. Ons het ook ‘n uitstekende leerondersteuning hulpspan wat leerders na skool neem vir ekstra klasse.
Die skool beskik oor ‘n moderne mediasentrum wat voorsien in die behoeftes van die leerders om navorsing te doen en leesvaardighede te ontwikkel. ‘n Voltydse bibliotekaresse onderrig hulle in die gebruik van die mediasentrum en navorsingstegnieke. Die lokaal beskik ook oor televisie en video fasiliteite.
Rekenaaronderrig vorm ‘n integrale deel van Tegnologie en ons is trots op ons rekenaarsentrum, toegerus met 35 rekenaars wat deel vorm van ‘n netwerk. Hier kry leerders die geleentheid om hul rekenaarvaardighede te ontwikkel, te kommunikeer met ander leerders en navorsingsprojekte te doen. Programme waarmee leerders werk sluit onder andere in die Office Pakket (Word, Excell, Power Point), Cami, Cami Perceptual, Cami Read, Encartat ens. ‘n Data skerm word gebruik vir demonstrasies deur personeel. Die Media- en Rekenaarsentrums word deurlopend op ‘n vaste rooster deur personeel benut vir addisionele ondersteuning tot Wiskunde- en Tegnologievaslegging. RTT klasse word in middae aangebied teen ‘n koste om ons leerders toe te rus met 21ste eeu vaardighede.
Tablette
Elke personeellid maak gebruik van ‘n tablet om onderrig in die klas meer effektief te laat plaasvind. Hierdie hulpbron word gebruik om leer relevant, betekenisvol en genotvol te maak. Verskeie metodieke word konstant by onderwysers versterk om te verseker dat leer plaasvind en alle leerders ontwikkel word. Die tablet-projek is tans besig om uitgebou te word sodat daar in elke graad genoeg van hierdie hulpmiddels beskikbaar is vir effektiewe onderrig en leer.