Sport

Sports and Sportsmanship

Sports

Our motto:

Winning is not important, it is how you play the game!!!

Ample opportunity to as many learners as possible is what we aim for.

header-sport

Rugby

Ons poog om aan elke leerder wat wil rugby speel die geleentheid te bied om te ontwikkel tydens oefeninge en wedstryde.  Met 8 spanne in die plaaslike liga, is Outeniqua ‘n rugbykrag om mee rekening te hou.

Puik velde, uitrusting en gekwalifiseerde afrigters en skeidsregters verseker dat Outeniqua jaarliks ‘n groot hoeveelheid SWD en Provinsiale spelers oplewer.  Die rugbyseisoen begin jaarliks met die toer na Marlow, en word afgesluit met ‘n groot Rugbydag waaraan 10 skole van SWD, Boland, WP en OP deelneem.  Spelers kry ook die geleentheid om toergroepe te ontvang en self te toer na byvoorbeeld Panorama ( in Kaapstad) en Swartland (in Malmesbury).

Netbal

Netbal is ons passie!  Met 4 spanne in alle ouderdomsgroepe, gegradueerde,  entoesiastiese en ervare skeidsregters, is die geleenthede daar vir ons speelsters om hulself uit te lewe op die netbalbaan.  Gemotiveerde dogters verseker puik resultate en dit bring mee dat daar jaarliks ‘n groot aantal 0/12- en 0/13- dogters in die SWD en selfs Wes-Kaap spanne opgeneem word.  Ons netbalspanne onderneem ook gereeld toere en heelwat toerspanne besoek ons jaarliks.

Hokkie

Ons handhaaf ‘n hoë standaard in hokkie en daarom word die meerderheid van ons spelers gekies vir die George-spanne.  Hokkiespelers kry ook kans om op astro-bane te oefen en wedstryde te speel.  Ons word jaarliks deur toerspanne besoek en ons neem deel aan verskeie toernooie in ons streek.

‘n Belangrike afdeling van hokkie is om die basiese tegnieke vir die spelers aan te leer. Dit skep die grondslag vir die leerder se hokkie-jare op hoërskool en senior vlak.

Krieket

Outeniqua Laerskool spog met net die beste krieketfasiliteite moontlik, nl 2 krieketvelde, 2 turfblaaie, 1 sintetiese blad, 4 puik oefen nette en slegs die beste uitrusting.  Verder verseker top afrigters dat elke speler tot sy volle potensiaal ontwikkel.  Ons beskik oor 6 kompeterende spanne wat in die liga meeding.  Jaarlikse toere en wedstryde teen besoekende skole van buite George word aangebied.

Tennis

Outeniqua het 4 tennisbane wat dwarsdeur die jaar gebruik word.  Ons eerste span bestaan uit 4 seuns en 4 dogters.  Hulle word jaarliks na groot toernooie in die streek genooi en vaar uitstekend daarin.  Die beginnergroep word deur ‘n professionele afrigter gehelp.  Oefeninge gaan voort in die winter, veral vir dié spelers wat nie aan ‘n wintersport deelneem nie.

Athletics

Mass participation takes place in preparation for our school’s Inter House Athletics day – an event not to be missed.  Learners are coached daily in sprints, hurdles, long distance, long jump, high jump and shot put. Several athletes go further to compete against other schools and provinces.  We’ve reached great heights with athletes who have made Western Cape Teams and have even achieved national medals.

Swimming

Swimming is a life skill and at Outeniqua Primary we put a lot of emphasis on improving this important skill.  We are fortunate to have our own swimming pool and therefore we can cater for the needs of all our learners: from our top swimmers, through the developing team and lastly but not the least, the beginners.  We believe that competition is good for everyone and therefore we host or compete at the following galas:  Colours Gala, 2 Relay Galas, Garden Route Gala and our own Prestige Gala.

Gholf

Met al die pragtige gholfbane in en om George kan dit nie anders nie as om ons leerders die geleentheid te bied om aan die sport deel te neem.   Daar word aan ‘n A- en B-liga deelgeneem en ons dogters kompeteer in die Dogtersliga.  Drie ligawedstryde word elke kwartaal op Vrydaemiddae gespeel.

Squash

Relatively few learners take part in squash if we compare it to other sports offered at our school.  We practice twice a week at the George Sports Club. Our players are given the chance to represent their province at Interprovincial Tournaments and some have even achieved SA colouers in the sport.  Our beginners receive professional coaching.  The team players occassionally participate against the 2 other primary schools in the area that offer squash as an extra-mural or against high schools.

Tweekamp

Tweekamp bestaan uit hardloop en dan swem.  Ouderdomsgroepe strek van 0/9 tot 50+, so pa, ma , boetie, sussie, oupa en ouma kan ook saam hardloop en swem, dus is tweekamp waarlik ‘n sport vir die hele gesin.  Laerskool Outeniqua is deel van die SWD liga en bied ‘n gulde geleentheid vir atlete wat dalk net uitgemis het op SWD klere in langafstande of swem, om nogsteeds SWD klere te verdien en SWD by die Inter provinsiale byeenkomste en selfs SA Kampioenskappe te verteenwoordig.  Die meeste byeenkomste is in Oudtshoorn op Dinsdae aande.  Die skool verskaf vervoer na alle SWD liga byeenkomste.  Ons moedig enige leerder aan om tweekamp te kom probeer.


Contact Us

Cathedral Street, Box 1086, George, 6530
Tel: 044-8732292
Fax: 044-8734743